Eens te vreeslik!

Onlangs tjirp ek weer iets van die kant af (aaklige ou gewoontetjie van my) en my Ou Leeu reken, “sjoe, jy is darem vreeslik”. Dit het my nogal laat stilstaan en dink……

Wat presies het ek kwyt geraak wat so vreeslik was? Dit was nie dat ek gevloek of vervloek het nie, maar wat uitgekom het moes regtig hard of dalk lelik geklink het vir sy ore. Ek, pliggie, wat my tog soms so heilig kan hou…die kleur van my woorde moes lynreg teenoor my beeld as Christen vrou weerklink het.

Ek sê nie mens moet ‘n goodie-2-shoes wees en alte formeel omgaan met jou lewensmaat nie, maar sjoe, soms verslap mens darem regtig jou spraak en jy wonder…wat dink hy van my as ek so praat.

Ek is mal oor woorde, net die blote idee dat jy kan inkleur met hulle maak my sommer opgewonde en ek kleur met alle kleure en sommer ‘n paar wat nie eers bestaan nie!

My boks woordpotlode is magic met geen vaste palet of ry kleure soos in ‘n gewone een wat jy van die rak afkoop nie. Ek kleur ook graag in buite die lyne omdat ek glo dat hoewel daar grense is, het ons elkeen die reg om ons vrese te oorwin en bietjie buite ons dikwels self opgestelde lyne te krap en te kleur….

Veral as ek opgewonde is, wat meeste van die tyd is! Dit is dan dat ek VREESlik raak….

Ek probeer regtig om kalm te wees, maar soms is dit net asof my skakelaar trip.

Ek wens net hy het ‘n ander woord gebruik soos ENERGIEK, UITGESPROKE, PASSIEVOL (my gunsteling woord)… of ‘n ton ander woorde, maar synde hy VREESlik gebruik het, moes ek gaan stilstaan en regtig dink watter kleurpotlood in my woordeskat verdien die woord VREES vooraan….ek wil seker maak dat ek dit stomp hou en nooit weer uithaal nie.

Almal ken my nou al as ‘n EKSTREME POSITIFIKUS ! Ja! Sien! My eie woord, geskryf met ‘n unieke kleur!

Is dit die rooi potlood wat vir mense gevaar of bloed spel maar vir my liefde en diepte?

Is dit die oranje wat vir ander oppas spel of vir my sonsopkoms of ondergange beteken?

Miskien is dit die groen wat onryp of selfs vrot of af spel maar vir my gesondheid en nuwe seisoene belowe.

In my gekleurde (nie gekruide) woordeskat is daar nie dowwe of pastel kleure nie, dit is helder en duidelik, selfs al voel ek of ek gaan opstyg!

Ek let die laaste paar dae intens op watter kleure ek gebruik en watter ek liewer maar stomp moet hou en wegpak, want dit bring nie kleur, maar net lelike strepe wat ek nie myself mee wil assosieer nie….

Ek weet nie van jou nie, maar soms moet mens VREESlike woorde gebruik sodat die ander persoon kan stilstaan en beter kan hoor….

My vraag liewe mens….hoe lyk jou boks woord kleure….en is hulle VREESlik…

Shalom

#bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.