Daar is soveel boeke, programme en leesstof tot jou beskikking om jou te bemagtig en te bemoedig, maar as jy nie die besluit maak dat jy ook ‘n verskil kan maak nie, gaan jy nes ek vir jare, in frustrasie altyd die blommemeisie wees….nooit die bruid…
Miskien is dit TYD dat jy (soos ek onlangs), ‘n vergadering met jou self skeduleer.
Nooi die Here, vat ‘n boek en potlood en los jou foon op die charger, dit sal daar wees as jy terugkom!
Gaan sit en skryf vir jou self ‘n brief.
Begin met…
Liefste Magrietjie (sit die naam hier in wat jy jou self in jou hart noem),
Waarom is jy so kruppel?
Waar is jou lewe heen?
Hoe het jy hier gekom?
Wat sou jy anders gedoen het as jy dit kon oordoen?
Hoe gaan jy dit verander?
Wanneer gaan jy begin?
Ek wag vir jou my liefling dogter.
Liefde – Die Here jou God.
Like this:
Like Loading...
Related
Gepubliseer deur Bietjie Magrietjie
Magda Maas is ‘n Christelike Indie Skrywer wat op haar 50ste verjaarsdag haar hakskoentjies uitgetrek het en die Drakensberg Berge ingevaar het om te skryf nadat sy jare lank vroue in Pretoria met praatjies en gebed gehelp het.
Oor die laaste paar jaar het sy vroue van vandag deur haar Facebook Grepiesblad en Blog inspireer om stof te skop in die vyand se gevreet deur hul te bemagtig om hul plek saam op die mure van Jerigo in te neem.
Sy is ‘n beroerte survivor met 'n storie om te vertel van haar wedergeboorte tydens hierdie gebeurtenis en hoe sy haar lewe daarna opgeteken het. Sy skryf oor dinge wat haar hart aanraak en wat sy ervaar deur die lewe om haar en natuurlik hoe ongelukkig mense aanlyn is.
Sy het ‘n diep vertroue in haar Hemelse Vader en spandeer baie ure in stille gebed. Sy neem haar rol en posbeskrywing as vreeslose Spreuke 31 vrou baie ernstig op.
Haar passie om vroue se trane en moedeloosheid raak te sien is wat haar geinspireer het om die Bietjie Magrietjie reeks te skryf. Sy is ‘n uitgespoke dogter van God, Vrede Vorstin, getroud met haar sielsmaat, ma, skoonma en ouma. Sy word omring deur 'n legioen van sterk vroue wat in haar lewe insae het.
Sy is dol oor kreatiewe orde en die effektiewe besteding van tyd is vir haar uiters belangrik soos vertel in haar boek Beplan ‘n Bietjie Magrietjie.
Dit is haar missie om te dien in Afrikaans met 'n bietjie humor en padlangse gesprekke soos op haar Blog. Haar skrywery gaan oor lag met 'n traan, vloek sonder om vieslik te wees en bid tot jou knieë blou word en dan op te staan en jou plek in te neem.
Beskou all artikels deur Bietjie Magrietjie