Die Stasie Frustrasie…moenie afklim nie!

Kyk! As daar nou iets is wat ek baie mee sukkel is dit wag, erger nog, GEDULDIG wag. Ek het al tot ons op ons vroue kampe vir mense gevra hulle moet asseblief vir my bid dat ek nie so haastig is altyd nie! Veral vir dit wat ek vir die Here vra om my asseblief mee te help. Dan ruk ek sommer my eie kragte bymekaar en probeer my bes om ‘n taak af te handel wat net lyk asof niks gaan gebeur as ek dit nie doen nie.

Ek is baie lief daarvoor om orders uit te deel, ongelukkig dikwels nie hardop nie! Daarmee het ek absoluut geen probleem nie, wat ek wel ‘n probleem mee het is dat wanneer ek dit uitdeel en as dit nie gedoen word volgens wat ek dink die tydlyn moet wees nie dan is ek ‘n meester vloermoer-gooier of erger nog, ek doen dit self, maar met so ‘n aaklige gesindheid dat ek dit liewer moes los.

Ek loop en gooi potte en panne rond omdat ek alweer die skottelgoed moet (in my brein moet ek alles doen) was, as om net ordentlik te vra of iemand anders dit asseblief sal doen.  Ek sal vir almal vertel hoe dankbaar ek is dat ek skottelgoed het, want dit beteken ons het kos (en sommer baie) net om te dink ‘ag nee, alweer eet!, word niemand ooit vol in die huis nie!”. 

Dit is so ondankbaar en ek skaam my dikwels dat ek so ongeduldig is, net omdat ek kies om liewer die skottelgoed te was as om te gaan sit en met God te praat.  Ek praat dikwels oor die skottelgoed bak ook met Hom, dis nou die kere wat ek vroeg opstaan en Hy my kop aangeskroef het vir die dag.

Jy sien, as God se dogter weet ek dat ek Hom enige iets kan vra. Geduld (altyd bo-aan my vra-lysie), moed en deursettingsvermoeë, kalmte in my siel, vrede rondom my, gesondheid, wysheid…om maar net ‘n paar van my daaglikse “gimme-gimme” dinge te noem.  Ek vra nie sommer vir goeters nie, want netnou moet ek dit ook was (sommer ‘n ou grappie).

Ek lees getrou, staan op met ongelooflike goeie intensies, ek lê ten minste ‘n uur wakker voor ek opstaan en begin dan al bid vir almal wat in my gedagtes opkom wat ek weet hul lief en leed met my gedeel het die vorige paar dae op #bietjiemagrietjie of die Jesus Sussies of persoonlik. Dis so heerlik en fuzzy en ek kan letterlik die voëltjies hoor wakker word en soos ‘n amen tjirp oor hierdie rustige oomblik, jy weet…, daardie “lah-lah-lah, life is good” oomblik.

Ek is verseker ‘n oggend mens, absoluut propvol energie en het elke oggend ‘n wip in my stap.   Wat dan gebeur is voorwaar ‘n mystery vir my.  Ek soek en soek en vra en vra en ek kry antwoorde, maar ek sif al te graag wat ek wil hoor daardie dag.  Dalk is dit omdat ek indien iemand vir my ‘n belofte maak dat hulle my sal help ek dit ernstig opneem.  Mense wat lief is vir jou sal mos nie vir jou jok nie?  Dalk toe die persoon die belofte gemaak het was hulle 100% oortuig daarvan dat hulle hul woord sal hou.  Jy voel beter, hulle voel beter, tot dit by werk tyd kom….

Ek het oorspronklik hierdie stuk geskryf om myself (soos gewoonlik) oor die vingers te tik omdat ek gefrustreerd is dat daaglikse, eenvoudige dinge altyd lank vat om te doen en ek dan inspring en dit self doen voor ek oor iemand se lang lip moet trip en my kop teen die wasbak of die laptop stamp.

Ek het intussen ‘n geselsie met ‘n baie naby persoon gehad en dit was vir my opvallend dat sy sonder dat ek enigsins iets gesê, het dieselfde ervaar. As ouer (en blykbaar wyser) vrou het sy gevra, bid vir my, ek het by haar gaan sit en ons het gesels, die Here was daar, so ek voel nie dat ons geskinder het of gekonkel het nie. Hier is die gewaarwordings wat in my gees opgekom het…

As vroue (en hier verwys ek na alle vroue – huisvrouens, ma’s, salaris trekkers, huisvrouens, besigheids bouers) dink ek nie die manne besef dat ons hul “blindelings” glo as daar beloftes van hulp gemaak word nie. Ons voel regtig beter, want ons glo hulle bedoel dit regtig as hulle vir ons iets sê om ‘n klip uit die pad te rol of ‘n taak af te handel.  Tog as dit by die uitvoering deel kom val die wiele af en raak die vrou die haastige, ongeduldige, gefrustreerde een wat wil tanturms gooi en voete stamp en erger nog demanding is.

Basta man!  Ek is klaar met dit, klaar met vra en klaar met glo dat dit ooit sal verander.  Ek kan nie iemand anders verander nie, maar ek kan myself verander.  Ek kan sê, jammer, maar ek glo jou nie, of jammer ek kan nie ‘n droom bou op leë beloftes (goeie intensies ingesluit).  Jammer, maar ek kan nie ‘n oomblik meer terug oor die bruggie wat ek al soveel keer gekruis het nie, ek gaan liewer hierdie ou bruggie brand en as ek dan nou moet terug gaan, moet ek maar net deur die rivier swem.

Die Here sê in Jesaja 41:10 dat ek nie moet bang wees nie, want Hy is met my.  God maak nie leë beloftes nie, so ek moet ook nie leë beloftes aanvaar as waarheid of teruggaan op my besluit dat ek nie weer oor ‘n bruggie gaan loop nie.  Ek is ‘n diep gelowige vrou en spander baie tyd om vriendelik en vol moed, hard te werk. 

As ek vir God vrede en geduld vra GAAN Hy vir my geleenthede gee om my geduld spiertjies te oefen (weë tog dat daardie spiertjies nie in my gesig of tong moet wees nie).  Dit beteken nie ek moet my hart verhard nie, maar dit beteken wel dat ek my geduld spier moet oefen om moeilike omstandighede te weerstaan met liefde.

Dit kan ek net doen met deursettingsvermoeë, daardie skynbaar onmoontlike ding wat ‘n vrou leer wanneer sy moet kraam.  Eintlik dink ek ons is bevoorreg om daardie stukkie ekstra spesiale oefening deur te maak.  Jy kan tog nie knyp as jy moet kraam nie! Dis nogal ‘n balans om ‘n baba te kraam en jou siel binne te hou, want sowaar, ek sê steeds, ek is seker ek kan onthou dat my siel net vir ‘n oomblik my liggaam verlaat het op daardie oomblik wat my baba die wêreld ingekom het.

As jy vra vir meer krag, sal God nie vir jou meer krag gee nie, maar deursettingsvermoeë en Hy sal jou toets en laat oefen om sterker te word vir die nuwe trappie wat jy gaan gee in jou lewe.

Jy kan nie op die dak (jou droom) spring van die grond af nie, God sal vir jou trappies (talente) gee om dit te bereik en dan sal Hy vir jou skills laat leer wat pas by jou droom.  Die skills wat jou tot hier gebring het was nodig, maar nou is jy mos ingeoefen, so nou moet jy opgradeer.

Staan vas sussa en volgende keer as jy dink dat jy alleen hierdeur gaan of dat dit jy is wat te moeilik of te veel is, maak seker dat jy nie ‘n rugsak (‘n stuk blaam) op jou skouers laai wat nie joune is nie.

Moenie afklim by die Stasie Frustrasie nie, so gaan jy nooit by jou droom uitkom nie! Los mense in hul eie vel en lewe te groei volgens wat God vir hulle beplan, dit is nie jou plek om hulle lewe te lei nie.

Put down your baggage, pick up your luggage and travel the world!

#bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.