Waar is jy dan?

Ek is baie goed daarmee om myself laaste te stel of my drome op die agterste plaat of in die lou-oond warm te hou. 

Ek daag elke dag eerste op, neem persoonlike verantwoordelikheid vir my doenlysies (wat ek moeite doen om te maak) en sorg dat diegene rondom my gelukkig is en goed voel oor hulself. Ek is gedurig bewus daarvan dat ander deur my voorbeeld geïnspireer sal word om op te tree of aksie of verantwoordelikheid vir hul lewens te neem. Ek is ‘n Christenvrou met ‘n goddelike en vriendelike hart, dit is mos ‘wat ons doen’, of hoe?

Ek ontmoet, groet, leer, maak skoon, ek vul my kalender op met mense wat ek dink my nodig het en gee nie op op ander wat my al herhaaldelik geïgnoreer het in die verlede nie. Miskien lieg ek vir myself glimlag deur moeë oë terwyl ek vir ander sê: “Dit sal ook verbygaan …”

Vriendin!  STOP! Luister vir my. Jy moet ophou probeer om jouself te vind deur altyd daar te wees vir ander ten koste van jou vrede en gesondheid. Om goed te doen is wonderlik, maar glo my daar is baie meer wat vir jou wag as jy ook jouself insluit.

Naasteliefde kom jou ook toe, al voel dit vir jou dat die wiele heeltyd afval of dalk selfs vierkantig is, wat dit byna onmoontlik maak om vorentoe te beweeg.

Jy voel soos ‘n volslae mislukking as jou nuutste poging om inkomste te verdien of besigheid te bou of ‘n gemeenskapsprojek jou totaal insluk.  

Aan die einde van hierdie seisoen is daar geen goue kroon wat op jou wag deur jouself laaste te sit nie. Hou op om jou bord vol gemors dinge pak wat nie saak maak nie. Hou op om die idee te koester dat jy 24/7 besig moet wees, of dat jy op een of ander manier misluk terwyl ander uit jou “opdaag” voordeel trek.

Dis tyd om jouself êrens te prioritiseer in die keuses wat jy maak. As jy vir jouself opdaag, begin jy ‘n beter voorbeeld vir diegene rondom jou ook stel.

Ek praat nie hier van la-di-dah, “ek gaan nou spa toe” dinge nie.  Ek praat van JOU DROME! Skyn bietjie lig op wat jou vreugde gee sonder om skuldig te voel daaroor!

Maak nie saak wat jy kies om te doen nie, maar ai, doen iets om jou glas (al is dit n wynglas) vol te maak!

Jy sal so verras wees as jy begin entoesiasties raak oor jou eie drome, dat jy vinnig sal agterkom dat dit aansteeklik is en ander jou sommer gou-gou sal uitsoek en aanhang. 

Nie môre nie. VANDAG.

@bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.