Ag dankie Here!!

Dankbaar vanoggend … My hart klop kragtig en voluit, met uitdrukkings van dankbaarheid. Ek stort danksegging uit oor die Voete van my Verlosser.

Ek is bewus van al my seëninge, Here, groot en klein. Wat ‘n lewe het ek nie !!!! Dankie Here!

Na al die jare kom ek agter dat alle dinge ten goede meewerk.

Ek het U so lief, Here en ek is vol vertroue dat die goeie altyd uit elke situasie kom al skop en skree ek soos ‘n maer vark soms.

Ek groei in elke situasie as ek kies om dit te sien. Ek dank U vir die dae wat ek U bewegings verkeerd verstaan ​​het. Ek besef nou dat U my probeer lei het in U perfekte plan.

Ek besef dat elke beweging my na ‘n plek gebring het wat ek nie vir myself sou kon uitdink nie. Dankie dat U my paadjies vooruitgeloop het waarheen ek nie wou reis nie, sodat ek net in U spore kon loop.

Ek het nooit kon droom dat U roetes soveel groter, wyser, suiwerder en ryker sou wees nie. Ek dank U vir die veilige ritte, selfs op onstuimige paaie propvol slaggate waarin ek dikwels getrap het.

Ek dank U vir die afjakke en nadertrekke van dieselfde mense. So baie nee’s, Here, maar die regte hoeveelheid ja’s !!

Ek dank U vir die trae terugkeer van die seëninge en die oënskynlike vinnige reaksie op gebed.

Ek word geroep om ‘n lig op ‘n donker plek te wees, dankie Here dat U my gebruik.

Ek dank U dat U my deur my lewenspad opgevoed het. Ek dank U vir die valleie, die plato’s en die berge van ervaring en die rustige, windlose beweging van die tyd soms hopeloos te stadig na my sin!

In alles dank ek U, Here. Hoe kosbaar is U gedagtes vir my, o God !!!

Ek besef dat as ek heiligheid najaag, sal geluk en rus my volg al die dae as my lewe.

Ek is lief vir U Here met MY HELE HART …….

Magda Maas

#bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.