Stand van geregtigheid as God se dogter

Here, vandag wil ek in die woorde van Paulus soos in Filippense  1 v20-21 aan U verklaar “dat dit my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe is vir my wins.”

Alles tussenin is net ‘n kort reis, vir sommige is die pad meer klipperig en vol storms as vir ander hier in ons ou wêreld waar ons net tent bewoners is. Soms het my tent al weggewaai en moes ek iewers anders heen om U seen te gaan ervaar. Dankie daarvoor, Here! 

Here, ons murmureer tog so maklik oor alles, ons prys en loof selfs U Naam en verklaar dat ons wedergebore is, maar Here, as ons nuwe mens is, hoe kan ons steeds gebukkend gaan onder die vyand se aanslae?

Heilige Gees, ek maak my hart wyd oop, lê my bloot voor U, vul my met U vrede en vreugde!

Ek kies om U te dien met my hele hart, my hele siel en my hele verstand en dat ek in U oë ‘n tien uit tien in my stand van geregtigheid voor U is.  U het dan vir my gesterf lank voordat ek gebore is, Here.  U het gely vir my Jesus Christus, U het waarde en innige liefde bewys deur gehoorsaam te wees aan die Vader sodat ek as nuwe mens die ewige lewe kan beërwe.

Vader, gryp my aan, en druk my styf vas teen U Bors dat ek kan weet dat U die ULTIMATE liefde van my lewe is, die absolute, onvoorwaardelike, lewende liefde, waaruit alles anders  vloei.  Niks wat ek kan doen kan my uit U Handpalm ruk nie.

Laat my nie godsdiens pleeg nie, maar waarlik die Woord deel te maak van elke sel in my liggaam. Ek is inherent ‘n vriendelik borrelende mens. Iemand wat wil lag dat die trane loop Here!

U het gesterf vir my, Here, sodat ek uit keuse ‘n nuwe mens kan word, want U het reeds alles vir my gedoen wat moontlik is Here! My identiteit is in U, my soeke is op ‘n einde, God was, is en sal ALTYD wees!

Vader, ek is kosbaar, waardevol, duurgekoop, hooggeag, Jesus het my lief en ek is volkome vergewe.

Here, gebruik U boks kleurryke kryte om my lewe in kleur en nie die wêreld se steenkool potlode nie.

Shalom!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.