Bid ‘n Bietjie Magrietjie: Gebedsjoernaal (Afrikaans) Kindle Edition is beskikbaar www.amazon.com/author/magdamaas

Ebook op Amazon

Liewe mens, ek kan dit amper nie glo nie, maar die eerste uitgawe van Bid ‘n Bietjie Magrietjie is beskikbaar vir aflaai en lees op jou Kindle Reader.

Wie is ek?

Ek is ‘n Christelike Indie Skrywer wat op my 50ste verjaarsdag my hakskoentjies uitgetrek het en die Drakensberg Berge ingevaar het om te skryf nadat ek jare lank vroue in Pretoria met praatjies en gebed gehelp het. 

Oor die laaste jaar het ek probeer om vroue van vandag deur hierdie Facebook Grepiesblad en Blog inspireer om stof te skop in die vyand se gevreet deur jou te bemagtig om jou plek saam op die mure van Jerigo in te neem.

Ek is ‘n beroerte survivor met ‘n storie om te vertel van my wedergeboorte tydens hierdie gebeurtenis en het my lewe begin joernaal na dese.

Vir die laaste 5 jaar het ek ‘n Whatsapp bediening gehad waaronder die Jesus Sussies waar ons as vroue mekaar se trane en moedeloosheid raaksien en dit het my inspireer het om die Bietjie Magrietjie reeks te skryf. 

Dit is my missie om te dien in Afrikaans met ‘n bietjie humor en padlangse gesprekke soos op my Blog.  Ek vra vrae om jou te laat dink en vloek sonder om vieslik te wees en mees belangrik, ek bid tot my kniee blou is en dan sit ek plat op my boude en bid verder. 

Daarom is dit vir my so groot voorreg om bekend te stel dat vandag 1 Mei 2020, publiseer ek Bid ‘n Bietjie Magrietjie 1st Edition.

Waaroor gaan hierdie boek?

Dit is my gebedspad as Christen vrou wat ek oor 2 jaar in my joernaal aangeteken het terwyl ons besighede en lewe soos waaraan ons gewoond was uitmekaar geval het.

Ek besef nou eers dat God my voorberei het vir ‘n tyd soos die en deel met julle wat ek oor sy voete uitgestort het nie. Soveel gebede is beantwoord en as ek dit nie neergeskryf het nie, hoe sou ek onthou wat ek gebid het?

Kom reis saam met my deur oppak, wegpak, aanbeweeg en vergifnis en hoe ek moes stukkend wees om weer heel te word sodat ons Vader my aanmekaar kon sit en nie ekself nie.

Bid ‘n Bietjie Magrietjie is die eerste van ‘n reeks boeke vir die Afrikaanse Christen vrou en sal Vrydag beskikbaar wees op Amazon in Kindle formaat. Indien jy nie ‘n Kindle het nie, moenie komkommer, deesdae kan jy ‘n Toep (dis nou mooi woord vir APP) aflaai om dit op jou slimfoon ook te lees. In die toekoms sal die geleentheid om dalk voordoen om dit in druk uit te gee, maar tyd sal leer.

As Indie outeur was dit nogal ‘n challenge om hierdie te doen, maar ek moes dit net by julle uitkry en wil baie dankie se vir my seun PJ Maas van Pony Jones Recordings wat sy ma moes kalm hou. My skoondogter Mercia Maas het met fotos gehelp en liefste man Helmut moes bontstaan om by te hou met my frustrasie vlakke!

Ek is so opgewonde en voel sommer hoe borrel die amens in my hart en siel.

Hier is die direkte link na my outeur bladsy: http://www.amazon.com/author/magdamaas

Ek sal dit vreeslik waardeer as julle vir my ‘n review sal doen oor jul ervaring direk op Amazon. Dit help so baie as mense met jou terugpraat en jy kan antwoord op hul vrede.

Shalom!

@bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.