Die WAAIFAAI kode is JESUS…

Kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van my, want Ek is sagmoedig en nederig van hart en julle sal rus vind in julle siele; want my juk is sag en my las is lig. Mat 11:25-30 (AFR53)

Wat ‘n wonderlike geskenk is dit nie om met God te kan konnekteer nie! Hy het vir ons soveel maniere gelos om dit te doen. By jou is die Heilige Gees, daar is soveel leesstof, groepe en gemeenskaps dinge waarby jy betrokke kan raak.

Dit is ‘n kragtige netwerk van liefde en geloof en jy liewe medemens, ken die wagwoord, mits jy die moeite doen om dit in te tik om toegang te kry.

Dit is Jesus, die enigste naam wat vir jou gelos is na Sy kruisdood waardeur jy gered kan word! Hallelujah!

Soggens, die oomblik wanneer die newels van slaap jou verlaat en jy begin bykom, begin Hom prys vir nog ‘n dag. Stop gereeld gedurende die dag om ‘n oomblik om na te dink oor die Here of lees die Woord van God, die Bybel wat jy op enige slimfoon, tablet, laptop of jou eie fisiese boek kan bykom. Op hierdie manier sal jy seker wees dat jy permanent verbind is!

Moenie dat ‘n ongedissiplineerde, besige lewe jou beroof van die netwerk van alle netwerke nie! Die fout wat die meeste mense maak, is om slegs te verbind as alles verkeerd loop, so al asof God ‘n panic button is wat jy kan druk en woerts, hier kom jou redding soos ‘n superhero uit die lug.

Desperaat en kooragtig met wilde kyke kla diesulkes wat nie die moeite doen om die wagwoord te leer ken dat God nie hulle gebede beantwoord nie. Dit is nie dat God nie antwoord nie, dit is net dat hulle nie op daardie spesifieke oomblik met Hom verbind is nie!

Ek vra jou vandag….Hoe goed is jy goed met die Here verbind …? Het jy ‘n lewendige, aktiewe verhouding met Hom …? Praat jy met God …? Hoor jy Hom met jou praat …?

Shalom en onthou jou password!

@bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.