Dobber jy of span jy jou seile?

Vanoggend lees ek ‘n baie mooi Engelse stuk op Facebook aangaande die veralgemening van die ervaring van individue van die grendeltydperk. Die skrywer is onbekend (nogal jammer, want ek wil hom/haar high-five!), maar ek het dit vertaal en effens verwerk omdat die boodskap ongelooflik raak en relevant is in hierdie tyd.

Volgens die onbekende skrywer reken mense dat ons almal in dieselfde bootjie is, wat natuurlik nie waar is nie. Ons is in dieselfde storm, maar nie in dieselfde bootjie nie. Jou skip kan skipbreuk ly en myne is miskien okay. Of andersom.

Vir sommige is kwarantyn die optimale tyd om stil te word. ‘n Oomblik van nadenke, van herkonneksie, gemaklik in flip flops, met ‘n skemerkelkie of koffie, maar vir ander is dit ‘n desperate finansiële- en familiekrisis.

Vir sommige wat alleen woon, beteken dit eindelose eensaamheid. Vir ander is dit rus en tyd saam met hul ma, pa, seuns en dogters.

Met die toename in werkloosheid, bring sommige mense meer geld in hul huishoudings in as wat hul voltyds gewerk het. Ander werk meer ure vir minder geld as gevolg van salaris verlagings of verlies aan verkope en dus kommissie. Sommige families van 4 het toelaes onvang, ander weer niks.

Sommige was bekommerd daaroor om vir die Paasfees ‘n sekere tipe lekkergoed te kry, terwyl ander bekommerd was of daar genoeg brood, melk en eiers vir die naweek sou wees.
Sommige wil teruggaan werk toe omdat hulle nie in aanmerking kom vir werkloosheid versekering nie en die geld opraak. Ander wil diegene wat die kwarantyn verbreek, doodmaak.

Sommige mense spandeer 2-3 uur per dag om hul kind te help met aanlyn-skoolopleiding, terwyl ander 2-3 uur per dag spandeer om hul kinders op te lei bo-op ‘n werksdag van 10-12 uur.

Sommige het die dood van die virus ervaar, ander het al iemand daaraan verloor en ander is nie seker of hul geliefdes dit gaan vryspring nie. Ander glo nie dat dit ‘n groot saak is nie.

Sommige mense glo in God en verwag wonderwerke gedurende hierdie jaar 2020. Ander meen dat die ergste nog kom.

Dus, vriende, ons is nie in dieselfde bootjie nie. Ons gaan deur ‘n tyd waarin ons persepsies en behoeftes heeltemal verskillend is.

Elkeen van ons sal op ons eie manier uit hierdie storm voortkom. Dit is baie belangrik om verder te kyk as wat met die eerste oogopslag gesien word. Nie net kyk nie, eintlik sien.
Ons is almal op verskillende skepe gedurende hierdie storm en beleef ‘n heel ander reis.

Shalom

@bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.