Wie is ek, die Christen vrou….

Uittreksel uit Bid ‘n Bietjie Magrietjie © wat in Mei 2020 vrygestel word.

Liewe vrou, ja ek weet, jy is seker al moeg gelees oor wat jy vandag nou weer op jou lysie moet sit om ‘n wyse, gebalanseerde Christelike vrou te wees en rol sommer jou oë as jy net dink daaraan! 

Helaas wil ek vir jou bietjie probeer perspektief gee en vra dat jy nie so hard op jouself moet wees nie, want ek wil jou verseker dat jy reeds al hierdie dinge doen, ek wil jou net so bietjie waardeer.  Jy hoef nie notas te maak nie, lees net met die wete dat jou Skepper jou hart ken!

Hoe ouer ek word hoe meer besef ek dat Christen vrou NIE noodwendig PERFEK beteken nie en dat multitasking ‘n absolute bogstorie is.  Dit het ek by Gina Mostert geleer, dankie Gina. ‘n Christen vrou is nie volmaak nie en as jy dink dat jy ooit daardie vlak sal bereik maak jou reg vir ‘n lewe van ontevredenheid en diepe hartseer. 

Huishou, koskook, besigheid doen, spaar, vlytig wees en nog altyd mooi lyk beteken nie dat jy enigsins ‘n Christen vrou of dat jy faal nie.   Dit is so belaglik dat vroue deesdae dink om goddelik te wees moet jy dinge kan doen!  Basta daarmee man! As jy nie van stryk hou nie, dit al 30 jaar doen en het nou genoeg gehad, hoekom sê jy nie net “stryk jou eie klere asseblief” as om op sosiale media te kla dat jy jou doodwerk en niemand sien jou raak nie. 

Verder is ‘n Christenvrou nie iemand wat wegkruip agter valse kalmte of ‘n slaaf mentaliteit nie. Sy is volkome vrou en moenie vir ‘n oomblik dink dat sy nodig het om als te kan doen wat mans kan doen nie. Daar is geen vergelyking tussen mans en vroue nie, net soos daar geen vergelyking tussen appels en pere kan wees nie, elkeen het sy eie plek. Ek wil nie ‘n man wees nie, nie omdat ek dink ek kan nie doen wat hulle doen nie, maar ek is so dankbaar vir die rol wat God my gegee het en het lankal besef om te probeer om 2 geslagte te wees maak my middelmatig.

Ek is 100% Christen vrou.

‘n Christen vrou se eerste prioriteit is nie haar geliefde ouers, haar amazing man, kosbare kinders en bid vriendinne nie, dit is om te leer om haar Verlosser te leer ken en Hom te vertrou.  Die maatstaf van jou godsaligheid is nie gebaseer deur jouself te vergelyk met ander vroue (nie eens die vrou van Spreuke 31, wat ‘n ondenkbare werksdag het nie), maar op jou persoonlike toewyding aan Jesus Christus.  As jy aanhou om geestelik te groei op jou eie tyd en pas in Christus, sal jy baie nader kom aan wat die ware prioriteite van ‘n Christen vrou is.

Jy gaan nie elke dag ‘n perfekte tien bereik in jou gemoed en jou uitdra van wie ‘n Christen vrou nou eintlik is nie, maar probeer ten minste!  Deur egter elke dag staps gewys op God te vertrou, sal jy dieper volwassenheid behaal in Christus.  Hou met die hulp van die Heilige Gees by!   Jy moet leer om jou vertroue in God te stel, nie net vir die ewige lewe nie, maar ook met die doel en rigting vir die lewe op hierdie aarde.

In Bid ‘n Bietjie Magrietjie het ek my hart uitgestort oor Jesus Christus se Voete en gaan in meer diepte in oor die 10 eienskappe wat ek as Christen vrou ontdek het het tydens hierdie proses..

@bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.