Die nut van versies….

Onthou julle toe ons klein was moes ons in die Sondagskool versies leer? Ek was mal daaroor om te leer, maar helaas so bang dat ek gevra sou word om dit op te sê en dan soos ‘n aap vergeet wat ek geleer het. Onthou ek is mos ‘n super-pliggie! Ek het so hard probeer dat ek nooit die krag van die versie verstaan het nie omdat ek te bang was dat ek die woorde sou verdraai.

Verder was dit vir my baie erg as die juffrou my nie gevra het nie, want ek is dan slegs 1 van 10 in die klas en in plaas daarvan dat ek insien dat die juffrou duidelik bang was ek word flou as sy my vra het ek gedink ek het gefaal omdat sy my nie gevra het nie. Ek is seker dat hierdie stukkie inligting ‘n verrassing vir baie mense is wat my al hoor praatjies of aanbiedings gee, ja, nes almal anders wat ek ken wil ek flou word voor enige aanbieding!

Dit was die dae toe Sondagskool ‘n absolute moet was en deel van jou grootword proses. Vandag is dit baie meer entertaining en om Sondagskool juffrou te wees is nie sommer net een van die tannies van die gemeente nie, daar is ‘n klomp voorbereiding om te doen en ongelukkig doen jy dit meestal verniet (en ek bedoel nie onbetaald nie), want daar is gewoonlik swak bywoning. Een van die grootste redes hiervoor is dat menige van die kinders meer as een ouerhuis het en hulle net elke 2de week kan kom en dan is dit vakansie en voor jy jou ritme gekry het is dit vakansie, jaareinde en voel jy dat jy geen impak gemaak het nie, maar darem lekker tee na die diens gedrink het. Ek het ongelukkig Sondag skool gegee in ‘n tyd toe dit cool was om ‘n gehoorsame ouer te wees en kinders meer keuses as wysheid het.

In my dae is ons afgelaai met bobbysox en gespe skoentjies met ‘n kinderBybel onder die arm wat jy in elk geval nooit eers oopgemaak het nie, want jou oefenboek was waarin als reeds uitgewerk is deur ‘n tannie wat op een of ander manier aan die dominee, ouderling of skool verbind was. Die ander tannies het basaars gereel en tee geskink.

Waar jou ouers was terwyl jy in die klas gesit en wag het op ‘n suiglekkertjie vir bywoning het jy jou nie aan gesteur nie, want hulle het jou hierheen gebring om te leer en jy het Bybeltoets geskryf! Jy is ook elke Sondag gevra of jy in die Groot Kerk was en het ‘n ekstra sterretjie gekry so asof hulle jou reward het vir goeie gedrag. Ek kan nie eers een enkele preek ooit onthou van die Groot kerk nie, maar my lysies was vol noddy badges en ek het elke Sondag ‘n suiglekkertjie gekry vir opdaag.

Dit opsigself is vir my deel daarvan dat ons nie verstaan het hoekom ons nou eintlik kerk toe gaan terwyl dit eintlik Sondag oggend was nie. Ons ouers het gemaak soos hulle ouers en ons het dieselfde met ons kinders gedoen, so asof kerktoe gaan ‘n aflos stokkie is wat ons elke Sondag uithaal en aangee, mar dit moet voor 12 gebeur, want dan is dit etenstyd en lekker slaaptyd. Sondae aande het skoonma gevra of ons kerk toe was en ek weet dat ons dikwels gejok het net om skuldig te voel daarna en ander kere het ek sommer opgepof gevoel as ek vir haar kon sê, JA ons het die kinders gevat, en meer nog, ek het Sondag skool gegee en ons was in die Groot kerk. Waar is my lekkertjie?

Hoe absoluut absurd klink dit nie nou vir my nie! Ek het GEEN idee gehad wat ‘n verhouding met God was nie, ek het my bes probeer om die regte goed te doen net om leeg anderkant uit te kom.

Vandag is ek so bitterlik bly dat daar iewers in daardie proses ‘n oomblik was wat God my persoonlik aangeraak het…

En nee, ek kan nie skielik versies onthou nie, want ek het besef dat die Woord om my en in my is en dat ek net my hand hoef uit te steek en my Bybel (wat ek nog nooit eers heeltemal deurgelees het) oop te maak en God neem my op ‘n ontdekkingsreis van wie Hy is en by proxy wie Hy my gemaak het om te wees.

Ek hoop dat jy verby hierdie mentaliteit kan kom en dat jy vir God ontdek het as jou eie persoonlike Verlosser, want glo my, daai lekkertjies is nie ‘n patch nie!

Shalom #bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.