Grendel tydperk…

Dit is altyd heerlik om iets nuut te begin en veral as mens nie eintlik ‘n keuse het nie is dit die manier waarop jy jouself laat “cope”. ‘n Nuwe roetine kan baie energie voorbring en ons beplan, lag en gesels en trek skouers op en sal selfs sing kay-se-ra-se-ra! Dis so maklik om vasgevang te word in ‘n nuwe roetine.

Wat egter ons huidige (of enige grendeltydperk) gevaarlik maak is dat ons geskape is om 6 dae te arbei en 1 dag te rus. Tog het meeste van ons dit nie eers reggekry voor die tyd nie, so om dit nou te implimenteer (soos muscle memory) is amper onmoontlik mits jy daarop fokus om die tyd (wat nou tot oorlopens toe beskikbaar is) te investeer om hierdie oefening onder die knie te kry.

Daar staan nêrens dat speletjies speel, Netflix kyk en muf vir die grootste gedeelte van 21 dae, enigsins as werk tel nie. Geld groei nie aan bome nie. Alle klein besigheids eienaars sal vir jou vertel dat die sogenaamde geforseerde rus wat ons nou deurgaan geensins goed is vir jou brein of sielerus of natuurlik jou brood-op-die-tafel nie. Daar word lankal nie meer van jou sak gepraat nie, want die lewe is so dat niks ooit in jou sak beland nie, maar dadelik aanstap na die volgende ding wat betaal moet word. Geld het voorwaar soos ‘n stroombaan geword en is lankal nie meer iets fisies wat jy in ‘n sak of beursie kan plaas nie. Dink maar net daaraan dat jy nou nie eers meer iemand kan betaal om vir jou kos af te lewer nie, want jy is nie lus om te ry om dit te gaan haal nie…(dink mooi wat ek hier probeer tuisbring).

Meeste mense wat vir ‘n baas werk word jaar in en jaar uit voorgesê wat hulle moet doen, hoe laat begin hul werk, hoe laat is etenstyd, hoeveel werk gedoen moet word en wanneer jy kan kom en gaan. Skielik bevind hul hulself in ‘n situasie waar die muis sy eie baas is en skielik weet hy nie hoe om die kat te wees nie. Katwerk is nie muiswerk nie. Selfs al kan jy nie gaan werk nie agv die grendeltyd kry party salarisse, ander moet daarmee verlief neem dat hulle minder geld gaan kry en ander geen inkomste, maar wat die meeste mense aanvaar is dat dit net ‘n kwessie van tyd is dan sal alles weer “normaal” wees.

Verrassing! Normaal is flippin boring en beslisnie wat ons land nodig het nie! Hier is jou kans om al daardie beloftes wat jy nog altyd aan jouself gemaak het ten koste van jou “baas” op die proef te stel. Normaal soos jy dit ken liewe mens, is verby.

Jesaja waarsku dat mense skaarser as goud is en ons moet waak teen hoogmoed en vermetelheid. Nou wink die vraag, wat bedoel die Woord met mense?

Baie van ons gaan eers oor ‘n paar weke, wit van die skrik wees as die grendeltydperk (wat jy nie gekies het nie) verby is. Vir nou is dit een lang pajama party! Jy het dit nie gekies nie, maar wat jy wel kan kies is hoe jy dit gaan neem en tot jou voordeel laat werk.

Dit help nie om kwaad te wees vir mense wat dans daar buite in die strate asof hul stupid is nie, of jou “rykgat” baas (jou persepsie) wat jou nie kan betaal vir werk wat jy nie kan doen nie.

Wees net seker dat jy gereed is, besig met iets wat God loof en prys as die beul blaas. Oefen vandag ‘n keuse uit dat jy nie die een tronk vir ‘n ander verruil het nie en dat jy kies om die grendels van die vyand wat jou gedagtes vasbind oopgesluit word deur die versugtinge van jou hart.

God slaap nie!”, skree ons dikwels, of as die stres hoog loop “red my Here” (nadat jy lotto gespeel het soos ‘n assuransie polis), maar waarvoor wag jy dan? Vir iemand om vir jou te se jy mag of mag nie? Moenie jou tydlyn wat geskep is deur die eksterne faktore verwar met ‘n lewe nie. Ses dae sal jy arbei en die 7de sal jy rus, moenie jou tydlyn verwar met wat jy dink jou “toekom” nie. Net mooi boggerol mens!

Die aftrek orders gaan steeds deur of jy nou betaal word of nie, dalk is hierdie ‘n wonderlike skoonmaak proses en kan ons ontslae raak van ons drang om dinge te versamel. Dis flippin seer en scary as dit afgaan, maar nou ja, jy het die keuse gemaak dat dit op jou bankrekening gaan en nou?

Ons lê nagte wakker vir daardie ping (wat jy voor jou heilige siel weet) kom, ore gespits soos ‘n doodsklok wat die lui van die einde van jou salaris waarvoor jy die laaste maand gewerk het. Raai wat, more begin jy weer werk vir jou aftrek orders.

Daar is geen hoogmoed in my woorde nie, ek het diep seergekry en hierdie dubbeltjie pad kaalvoete geloop, sonder velle op my sole op goedkoop hakskoene. Ek vra net liewe mens, het jy al gehoor van God se genade en beloftes? Ek ken nie een Afrikaans sprekende mens wat nog nie van God gehoor het nie. Wel hordes wat te nagekom voel deur instansies wat Hom aan jou voorgestel het.

My vraag is, KEN jy Hom? Het jy al die moeite gedoen om uit te vind hoekom jy so halstarrig is om Hom te erken as jou Verlosser? Wie maak nou eintlik die keuses hier? Is dit ‘n mens of instansie wat jou afgesit het? So asof jy optree teenoor die Een wat jou gemaak het, want jy het ‘n wanpersepsie van wie Hy jou nou eintlik gemaak het om te wees. Mens!

Moenie vir God in ‘n hoek sit sodat jy vrye wil kan uitoefen en dan as jou dinge op die grond val, skree dat jy kwaad is vir Hom nie! Dit is gevaarlik en jy gaan uitmis op die absolute pure en suiwer vreugde wat jy diep binne in jou gaan voel opborrel wat jou die krag gaan gee om enige vyand te oorwin.

Jy sal die vyand se kop met jou hak verbrysel maar ai, hou op wegkruip agter plesier en weiering. Hou op om jou hart te verhard teen God, jy weet nie wat jy doen nie. “My volk sterf aan gebrek aan kennis”. Liefde kan net oorleef en oorgedra word met God wat in jou hart en siel is.

Get over yourself! Jy en mense is nie die as waarom die wereld draai nie, God ruk ons uit ons stroombaan met hierdie virus, gaan jy wragtig maak asof dit sommer is…?

Die luiaard lê in die bed terwyl die son water trek. Ek vra jou vandag om jou hande uit jou moue te steek en te werk!

Waarvoor wag jy? Beter dae? Wel, what if this was the BEST day you will ever have? Gaan lees Lukas 9 vers 3-5 in daardie bedkassie Bybel van jou.

Sien jou op die wolke

@bietjiemagrietjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.