My Ouma wat alleen gebly het en baie sleg kon sien het haar eie huis skoon gemaak sonder hulp.
Ek het haar eendag gevra hoe kry sy dit reg om haar skottelgoed en huis so skoon te hou.
Haar antwoord: ‘Jy skrop ‘n ding tot hy nie meer skurf is nie, dan weet jy dis skoon!’
Is dit nie ook waar van emosionele volwassenheid nie? Blinde vertroue op God dat Hy jou sal skoonskrop mits jy net jou kant bring en jou hande, hart en gedagtes in lyn bring. Dis nie altyd maklik nie want skrop is rof!
Volwassenheid skop in die dag as jy besef dit wat jou die meeste pla is JOU werk om uit te sort, al is die taak om met iemand te praat wie se hulp jy nodig het.
Dink bietjie vandag aan die dinge wat soos jou ‘mental’ wysvinger na voor wys en dan ondersoek jy die 3 vingers wat terugwys en gee erkenning vir jou duim wat opwys na God.
Vir WIE wag jy om jou ‘skurf af te skrop’?
Shalom #@bietjiemagrietjie
Like this:
Like Loading...
Related
Gepubliseer deur Bietjie Magrietjie
Magda Maas is ‘n Christelike Indie Skrywer wat op haar 50ste verjaarsdag haar hakskoentjies uitgetrek het en die Drakensberg Berge ingevaar het om te skryf nadat sy jare lank vroue in Pretoria met praatjies en gebed gehelp het.
Oor die laaste paar jaar het sy vroue van vandag deur haar Facebook Grepiesblad en Blog inspireer om stof te skop in die vyand se gevreet deur hul te bemagtig om hul plek saam op die mure van Jerigo in te neem.
Sy is ‘n beroerte survivor met 'n storie om te vertel van haar wedergeboorte tydens hierdie gebeurtenis en hoe sy haar lewe daarna opgeteken het. Sy skryf oor dinge wat haar hart aanraak en wat sy ervaar deur die lewe om haar en natuurlik hoe ongelukkig mense aanlyn is.
Sy het ‘n diep vertroue in haar Hemelse Vader en spandeer baie ure in stille gebed. Sy neem haar rol en posbeskrywing as vreeslose Spreuke 31 vrou baie ernstig op.
Haar passie om vroue se trane en moedeloosheid raak te sien is wat haar geinspireer het om die Bietjie Magrietjie reeks te skryf. Sy is ‘n uitgespoke dogter van God, Vrede Vorstin, getroud met haar sielsmaat, ma, skoonma en ouma. Sy word omring deur 'n legioen van sterk vroue wat in haar lewe insae het.
Sy is dol oor kreatiewe orde en die effektiewe besteding van tyd is vir haar uiters belangrik soos vertel in haar boek Beplan ‘n Bietjie Magrietjie.
Dit is haar missie om te dien in Afrikaans met 'n bietjie humor en padlangse gesprekke soos op haar Blog. Haar skrywery gaan oor lag met 'n traan, vloek sonder om vieslik te wees en bid tot jou knieë blou word en dan op te staan en jou plek in te neem.
Beskou all artikels deur Bietjie Magrietjie
Pragtig!! Wat n wonderlike voorbeeld was ouma nie.
LikeLike