…..wat jy net mooi gatvol is, dik vir nonsens en drama. Uitgekuier met ander se moedswilligheid om te verstaan dat jy nou net mooi genoeg gehad het daarvan om oorgesien te word.
Miskien is dit tyd dat jy ‘n vergadering met jouself skeduleer. ‘n Werkswinkel met ‘n agenda!
Nooi die Here as gasspreker, vat ‘n boek en potlood en los jou foon op die charger! Moenie bekommer, dit sal daar wees as jy terugkom.
Gaan sit op n klip en skryf vir jouself ‘n briefie. Begin by….
Liewe…
Waar is my lewe heen? Wag vir wat opkom in jou gees…
Hoe het ek hier gekom?
Wat kon ek anders gedoen het?
Hoe gaan ek dit verander?
Wanneer gaan ek begin?
Watter 5 dinge gaan ek teen volgende jaar 1 September afgehandel hê?
Liefde van my…
Mense oorskat dikwels wat hul in ‘n maand of drie kan doen maar onderskat wat hul in 12 maande kan regkry. Maak bietjie somme dat jy dit verstaan.
As jy nog nie die boek ‘The Compound Effect’ – Darren Hardy gelees het nie mis jy uit.
As jy verskonings soek om boeke te lees, is ek bevrees jy mis ernstig uit! En daarmee bedoel ek nie net storietjies van hygende prinsesse nie!
Klein, onbewustelike daaglikse aksies het ‘n massiewe invloed op jou lang termyn fisiese en geestelike gesondheid.
Besides….hoe eet jy ‘n olifant? Of dalk voel dit vir jou of jy ‘n lewendige leeu aan die stert beet het.
Shalom
Magrietjie
Like this:
Like Loading...
Related
Gepubliseer deur Bietjie Magrietjie
Magda Maas is ‘n Christelike Indie Skrywer wat op haar 50ste verjaarsdag haar hakskoentjies uitgetrek het en die Drakensberg Berge ingevaar het om te skryf nadat sy jare lank vroue in Pretoria met praatjies en gebed gehelp het.
Oor die laaste paar jaar het sy vroue van vandag deur haar Facebook Grepiesblad en Blog inspireer om stof te skop in die vyand se gevreet deur hul te bemagtig om hul plek saam op die mure van Jerigo in te neem.
Sy is ‘n beroerte survivor met 'n storie om te vertel van haar wedergeboorte tydens hierdie gebeurtenis en hoe sy haar lewe daarna opgeteken het. Sy skryf oor dinge wat haar hart aanraak en wat sy ervaar deur die lewe om haar en natuurlik hoe ongelukkig mense aanlyn is.
Sy het ‘n diep vertroue in haar Hemelse Vader en spandeer baie ure in stille gebed. Sy neem haar rol en posbeskrywing as vreeslose Spreuke 31 vrou baie ernstig op.
Haar passie om vroue se trane en moedeloosheid raak te sien is wat haar geinspireer het om die Bietjie Magrietjie reeks te skryf. Sy is ‘n uitgespoke dogter van God, Vrede Vorstin, getroud met haar sielsmaat, ma, skoonma en ouma. Sy word omring deur 'n legioen van sterk vroue wat in haar lewe insae het.
Sy is dol oor kreatiewe orde en die effektiewe besteding van tyd is vir haar uiters belangrik soos vertel in haar boek Beplan ‘n Bietjie Magrietjie.
Dit is haar missie om te dien in Afrikaans met 'n bietjie humor en padlangse gesprekke soos op haar Blog. Haar skrywery gaan oor lag met 'n traan, vloek sonder om vieslik te wees en bid tot jou knieë blou word en dan op te staan en jou plek in te neem.
Beskou all artikels deur Bietjie Magrietjie