My Moederlief…

Daar is nie ‘n manier wat ek ‘n Christen vrou blogger kan wees en nie my Mamma eer met ‘n paar woorde nie…my mamma is my nommer een fan en ek is so bly…my inspirasie agter die Bietjie Magrietjie reeks, want vir my Mamma is ek Magrietjie….

In stomme verwondering sit ek hier vanoggend en probeer vasvang wat sy vir my beteken.  Hoe doen ek dit?

Hoe eer ek die vrou wat my al die heel langste ken, van die oomblik wat my hart die heel eerste keer ‘n ritme uitgefladder het.  Ek is langer deel van haar as enige mens…

My liefste Mamma, die Bybel sê, eer jou vader en jou moeder, hoe ligtelik gaan ons nie om met hierdie woorde nie.  Dit is vir my baie moeilik om in woorde om te sit watter groot deel van my lewe my mamma is, want jy sien, sy het ‘n integrale impak op alles wat ek dink, weet, uitdra en haar kennis en insig stort sy soos heuning op my, soos salwings olie….dikwels sonder om ‘n woord te sê.

My mamma weet hoe ek dink en wat ek dink nog laaaaaaank voordat ek dit gedink.  Deur haar weet ek dat God nie vroulik is nie, want Hy het haar gestuur om oor my te waak. Sy het haar missie ernstig opgeneem en haar hele lewe fokus sy daarop om vrede vir haar kinders te bring.

Ek glo onteenseglik dat ‘n ma se hoofrol  is om wereld vrede te bewerkstellig.  Haar lewe is toegewy daaraan om vrede in haar huis en ook vrede in haar kinders se huis en dus wereld vrede na te jaag. Dis verseker my ma daardie.

Dit is baie maklik om ‘n ma te wees met ‘n voorbeeld soos myne, want as ek geen idee het hoe om iets te hanteer nie, dan weet ek waar om te vra. Haar onuitputbare gees om op te staan is iets wat my dikwels verstom laat staan, want ek weet dat haar lewe vol fisiese pyn en seer  is.

As jong vrou was ek vurig met ‘n humeur wat kon oorborrel op dramatiese maniere en Mamma het net geweet hoe om my rustig te maak. O, hoe onthou ek die pyn van operasies en seer, Mamma se rooi baadjie wat langs my bed waak terwyl ek in die greep van intense pyn was.

Hoe onthou ek toe my eie babas gebore is, die opgewondenheid, die hulp, die hande!

Mamma, baie dankie vir die ure en ure se gesels, trane en dikwels tantrums wat ek oor die jare by jou kon gooi.

Ek is so dankbaar dat Moeks by my kan wees in elke liewe fase van my lewe en nou ook dat ek myself ouma word! My kinders het dieimpak van die diep liefde gevoel wat Mams oor my uitgestort het al die jare. Dankie dat Mamma soveel liefde vir my man het, hy is hoeka dol oor sy skoonma en ek het baie 2de gekom as ek kom moan hy maak my mal! Arme man….

Dankie my Mamma vir jare se sorg en liefde, kreatiewe denke, ons uitreik projekte, kerk projekte, sakke vol breigoed, kilometers se loop vir shopping, pakkies by Postnet, verrassings binne in verrassings, bereidwilligheid om altyd al die prokjekte wat ek voor knik saam met my te doen.  Niemand verstaan hoe ons geldsake werk nie, dit is ‘n unieke ruil en omruil en verruil transaksie wat net ek en Mamma verstaan.

Here,

Ek dra vandag my Mamma op aan U, vandag en elke dag Here, Hemelse Vader, mag ek en my gesin vir haar vreugde en vrede bring, want sy het dit so in ons geplant.

Mag U haar behoed en bewaar teen die ou vyand se aanslae en as sy vashaak, gee haar krag Here.

Haar groen oë skitter soos diamante Heer, haar pragtige silwer haredos haar kroon. Vader, en ek wil U dank vir my mamma, mag U gee dat sy nog lank vir ons gespaar sal bly.

Haar impak op ons lewe sal tot in die nageslagte strek, want sy is die vrou van Titus 2 vers 3.

Haar wysheid het sy aan my as dogter oorgedra en selfs aan my dogter en binnekort haar agterkleindogter, ons gaan weer vier geslagte wees Here!

My ou matriarg ek is LIEF VIR JOU!

Magrietjie

©Moments with Maggs



Een gedagte oor “My Moederlief…”

  1. My liefste Magrietjie, baie dankie my blomkind vir hierdie pragtige boodskap. Dankie dankie. Dankie Here vir my pragtige Magrietjie wat so lief is vir U. Ek het nie woorde nie. Dant U my die insig en lyding gee om my familie te ondersteun.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.