Om ‘n rein hart te hê….

Ek sit vanoggend in hierdie pragtige berge nadat ons gister sommer vier seisoene op een dag gehad het en ek praat met my Hemelse Vader. Ek vertel vir Hom hoe geseënd is ek en dat Hy weet wat op my hart lê en ook wie!

Matt 5 kom op in my kop waar Jesus vir Sy dissipels vertel wie is die geseëndes en ek bulk behoorlik toe dit by my insink dat dit ‘n lys van “gaan doen” dinge is wat ek baie ernstiger moet opneem as ek die Spreuke 31:v10-31 vrou wil wees wat ek myself mee identifiseer.  Moet erken Titus 2:3 vrou sal my ook goed te staan kom, wanneer wysheid inskop!

Jesus het gesterf nie sodat ons goeie dade moet doen nie, maar dat ons moet Sy karakter eienskappe aan die wêreld moet uitdra. Ons word getaak om barmhartig, sag, lydend, honger en dors na wat reg is, moet wees.

Daar is geen bulderende, dreunende stem van Bo meer wat in ons leeftyd met ons praat, of ‘n bos wat spontaan aan die brand gaan slaan nie. Dis die dinge van die Ou Testament toe die Bybel se storie nog nie opgeteken en gepubliseer is nie. Vandag die No 1 verkoper van ALLE tye. Hallelujah!

Die oomblik toe Jesus aan die kruis gesterf het, het daar vir ‘n paar dae intense asem ophou oomblikke geheers en toe Hy weer opvaar om aan God se Regterhand te sit, het Hy die Heilige Gees oor die aarde uitgestort en die uitstorting het in elke molekuul van die natuur ingesypel. Die natuur is die ULTIMATE EVANGELIS!  Ons moenie die natuur en diere aanbid nie, ons moet die God aanbid wat dit gemaak het om ons te bemoedig.

Geen mens kan soveel harte wen soos juis God se skepping nie, dit is darem maar ONGELOOFLIK mooi daar buite. Daarom is Sy Woord klaar en ons kan niks bysit om dit te verander nie. Als wat Hy gesê het, het Hy reeds gedoen…..nou liewe mens, wat bly dan oor?

Vers 8 van Matt 5…geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien!

As jy God wil sien, ondersoek en klaar die nonsens in jou hart op, moet Hom nie soek as jy nie bereid is om jou hele hart aan Hom oor te gee nie. Jy gaan nie jou seëninge sien as jy nie die spinnerakke in jou eie hart skoonmaak nie. Dit is NIE GOD se werk om te doen wat Hy reeds vir jou die kennis en talente gegee het om self te doen nie. Doen jy jou deel, Hy het reeds Sy deel gedoen.

Jy gaan Hom nie sien as jy haat, irritasie, frustrasie en onvergifnis saamdra nie. Jy gaan Hom nie sien as jy vingerwysend, vuilbek, onder die invloed, afbrekend, negatief en onbeskof is nie.  Hy lê nie in ‘n pilletjie, bodem van ‘n bottel, terapeut se kantoor of in ‘n selfhelp boek nie.

Hy is en was en sal altyd Sy regmatige plek in jou lewe soek, maar wat Hy jy nodig het is ‘n rein hart en die res sal oor jou daal soos manna uit die Hemel.

Geseënd is jy wat….

Geseënd is jy wat….

Geseënd is jy wat….

Shalom

Maggs

© Moments with Maggs 2019

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.