Elke knie sal buig…

Ai, liewe mens, wanneer gaan jy tog hóór wat God vir jou wil sê? Hoekom skop jy so halstarrig teen Sy klop? Waarom dink jy dat jy nie werd is om vrede en vreugde te hê nie?

Wat het God ooit nagelaat wat jou te laat voel dat Hy nie daar is nie?

Liewe mens, diep binne jou klop die unieke hart van ‘n skepsel van ‘n liefdevolle God. Een wat Sy Seun gestuur het want jy kan dit nie regkry om te verstaan HOE lief Hy jou het nie, daarom het Hy vir jou gewys!

God het geweet dat die mens vir Jesus Christus gaan vermoor en verskriklike goed Hom gaan aandoen hier tussen hulle. Daar was onverstaanbare dinge op hierdie planeet wat net God geweet het gaan gebeur.

Hy het ook Sy bés probeer om deur brandende bosse en die skeiding van die Rooisee te wys Hy is die Here jou God! Hy het manna en kwartels in oorvloed voorsien, vandag nog! Hy het ‘n twee weke kamp ekspidisie uitgerek na 40 jaar, want die mens kon selfs al is Hy by hulle en voor hulle met ‘n wolk en ‘n lig horende doof, sienende blind en totaal skaapagtig gewees.  Dis nog net so in die moderne lewe….

Al wat God bir jou vra is dat jy Hom vertrou, maar al wat die mens vra is dat God moet gee…en gee….en gee…en gee….  Wat méér kan Hy gee as Sy eie Seun om vir jou te wys Hy het als alreeds gegee.

Dis tyd dat ons die petty nonsens laat staan, van ons dogma skei en die vyand uit ons gedagtes en brein verban. En alvorens jy wonder maar hoe gaan ek dit regkry….hier is ‘n klein bietjie rigting….

Dis skokkend hoe min Bybels onoopgemaak op rakke en in kaste lê vol fotos en boekmerke en goeters wat ons wil “press”, terwyl daar ‘n hele uitroep is in die wêreld buite vir meer Bybels!

Dis hartseer hoeveel mense kan lees en hoe min dit doen en as hulle lees, is dit meestal gemors wat geen invloed op hul lewe het nie.  Daar moet ‘n balans wees!  Ek het soveel jare gemors deur boeke te lees wat ek gedink het my gaan laat “ontspan”, maar helaas, hulle is letterlik ‘n “dime-a-dozen en doen net soveel vir jou gees.

Hoeveel keer moet jy nog op jou knieë gedwing word alvorens jy leer dat al wat jy moet doen is maak oop die Lewende Woord van God!  Dit is ‘n Boek PROPVOL avontuur, ware, werklike mense! Daar is nie eers soveel realiteit op “reality tv” nie!

Soos ek hier sit is ek baie lus om ‘n paar mense met die Bybel oor die kop te whack, maar selfs dan is ek niks meer as ‘n Bybel-whacker nie en eintlik wil jy hê hulle moet LEES, want hul KAN!

Het jy geweet dat daar geheime opgesluit lê wat net vir jou bedoel is?  Het jy geweet dat die Bybel aan jou oopgebreek word deur die Heilige Gees en dit wat ek lees is totaal anders as wat jy gaan raaksien? Is dit nie opwindend nie?  Die Boek wat NOOIT ophou openbaar nie!  Klink vir my soos iets waarna ons almal hunker of hoe?  Die Boek wat jy NOOIT kan klaar lees nie.

Jy is kosbaar en uniek in God se oë, maar moenie dat ek jou oortuig nie, maak oop jou hart en laat God self met jou persoonlik praat. Jy het leer lees op skool, moenie jou ouers se geld mors nie…..

Staan op! Sit stil! Boeke oop! En leer jou les! Hou tog op om opsommings te maak en by ander mense af te loer oor hoe die lewe werk. Doen jou eie huiswerk…..

God gee ons vrye wil en keuse maar dis nie om Hom te dien of nie te dien nie……dis of jy ‘n vol lewe wil lei of nie!

Sy Woord sê ELKE knie SAL buig….

Shalom

Maggs

© Moments with Maggs – GutsyGirlInc 2019

2 gedagtes oor “Elke knie sal buig…”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.