Soekend na die waarheid….

Diep in elkeen van ons is daar die drang na meer. Soms oorweldig dit jou, want jy het nie noodwendig die kennis en die wysheid om dit te identifiseer of selfs te implimenteer nie.

Ons drink, ons eet , ons skop en baklei, raas en jaag, ons val, ons staan op, ons begin nuwe dinge en los ander dinge halfpad.

Ons wil nie opruim nie, ons wil almal skeppers van iets wees, verslaaf aan nuwe idees, masjiene wat ontwerp, maak, skep, groter, beter, vinniger.

En dan kom daar ‘n dag wat jy soos ‘n klap teen die kop net wonder wat maak ek nou eintlik met my drang hier binne. Al wat vir ons as mens belangrik is, is dat ons gemaklik wil wees. Wat dan as jy sterf met ‘n vol maag, maar steeds met ‘n onvervulde drang.

Wat as jy nooit die durf aan die dag gelê het om uit jou gemaksone te tree en die drang te vervul nie. Die drang is nie na spyse, dis na wyse….

Deesdae hoor ek dikwels dat mense smag na geluk, maar raai wat, geluk het nie grense nie, ook nie ‘n adres of ‘n definisie nie.  Pessimiste sê die een se dood is die ander se brood, dit maak my sommer moerig….

WelgelukSALIG is die mens wat nederig, soekend en passievol is om vir God te ontdek in haarself.

Hoeveel van ons is daar? Wel, net soveel definies van geluk is daar, gebasseer op jou omstandighede.

Maar ek daag jou vandag uit om jou geluk net daar waar jy jou tans bevind te soek. Besef jy nie dat jy vlerke groei as jy ligter van gees word nie? God se barmhartigheid en genade is baie groter as jou omstandighede.

Hy gaan nie perke plaas op jou nie, Hy wéét wat jy nodig het, maar neem jy die tyd om Sy Woord deel van jou omstandighede te maak. Hoe duidelik is jy met jou gebede of is dit ‘n “to-do” of ‘n wenslysies of ‘n inkopielys wat jy voor God neerlê?

Jy leer slegs as jy stil is en luister, anders is dit niks meer as OORlewing nie. Hoeveel keer gaan jy diesefde ding moet OOR doen voor jy leer? Tyd om die les te leer, die berg OOR te gaan, die besluit te neem en jou saligheid te absorbeer en haai oe, God sal soos Sy Woord belowe vir jou sonder dat jy dit verdien of verstaan geluk en vrede en vreugde byvoeg! Mahala! Kennis en insig is iets wat jy moet LEEF.

Geluk is nie wysheid en kennis nie, Spreuke 15 vers 14 maak dit duidelik dat daar geluk is in wat jy sê en doen. Ai, ons tonge tog!

‘n Mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik, of hy kan die vrug geniet van wat hy met sy hande doen.

Sien jy die verskil?

Shalom

Maggs

© Moments with Maggs – GutsygirlInc 2019

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.