Lof is die offer….

Spartel, spartel wat moet ons tog doen om vir God tevrede te hou? Ons lees dieselfde versies oor en oor in ons Bybel, ingenome met ons kennis en “opoffering”.

Vanoggens lees ek in Psalm 50 dat God niks nodig het van ons nie en in Psalm 49 dat ons hard werk om onsself te verlustig in voorspoed.

Ai, liewe mens! LOF is die offer wat ons aan God moet bring. Sy geldeenheid is liefde en trou aan die Allerhoogste.

Die Here red die wat Hom oral soek. Hy openbaar Homself deur wie Hy ookal kies om deur te werk. Psalm 127 vers 2 praat juis van die vergeefse moeite wat ons as mens probeer insit!

God gebruik enige een wie Hy ookal wil om Sy beloftes na te kom, jy as mens het nie daardie krag nie. Hy sal jou dra, jou leer, jou van krag tot krag laat gaan deur Jesus Christus.

Wees waaksaam, bedaar leiwe mens, Hy is God, hoog bo die nasies, simpel politiek en polemiek is wêreldse dinge met geen plek in die Koningkryk nie.

Is Hy dan nie die Eden wat als gemaak het nie? Jesus het in die tempel die tafels omgegooi, daarop was iets totaal wêrelds…..geld….ek stel my voor hoe het die mense wat daar was gespartel en gespat het om die rollende, blink muntstukke op te tel totaal onbewus dat voor hul staan die Koning!

Hoekom wonder ons tog waar gaan ons hulp vandaan kom? Waarom huil ons oor môre as vandag nog geLEEF moet word?  Hoeveel kere moet God Homself aan jou openbaar in liefde en trou en dink jy dat daar ‘n ander Seun is om in jou plek te sterf?

Wat wil jy erf? Wat wil jy los vir jou nageslag? Kan jy meer los of doen of gee as wat God gegee het?

Hy is duidelik in Psalm 50:23 in  die Nuwe Vertaling: “ Die mens wat My eer, is die een wat lof as ‘n offer bring. Hy wat reg lewe, vir hom sal ek red.

En ek liewe mens…staan by daardie belofte.

Shalom

Maggs

© Moments with Maggs – GutsyGirlInc 2019

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.