Daar is onverklaarbare krag in waagmoed…

Waarom is jy bang? Vir mense? Vir hulle opinies of selfs wat hulle dink hulle aan jou kan doen? Gedaan, moeg, onverwags oorweldig deur die draak wat jy dink jou met vuur gaan spoeg!  Daar is egter ‘n groter draak wat jy in jou kop kan opmaak en dit is die draak van uitstel of die Engelse sê dit so mooi……procrastination, nie dat daar enige iets ‘PRO’ aan daardie woord is nie.

Kom ons bring bietjie perspektief.  Wie presies is die draak en hoe gaan hy jou verorber?  Ek glo absoluut dat ons onsself ‘n papie gaan lag eendag as ons opgradeer na ‘n hoër dimensie oor hoe klein en simpel die ou vyand is. ‘n Verpiepde ou papie wat jy met jou hak kon vermorsel, maar jy het liewer gekies soos vir ‘n akkedis om jou stert af te gooi om weg te kom.

In Lukas 9:62 staan: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die Koningkryk van God nie.” Onthou ook wat het met die antie gebeur wat omgekyk het toe God vir Gamorra platgevee het en nee sy het ‘n sourpilaar geword in plaas van sout vir die aarde wat Jesus on roep om te wees.

Ons spandeer soveel energie om bang te wees dat ons niks oor het om ons siele te voed nie. 

Werk is werk en dit is veral sieldodend as jy dit nie doen nie, want jy is te bang of te oorgekwalifiseer of onder gekwalifiseer of jy los dit liewer vir ander, stel liewer uit…

Volgende keer as jy kla omdat jy moet was en skryk en skoonmaak agter die kinders aan, dink bietjie diep watter voorreg dit is juis om dit te doen. Daardie man en kinders het jy op ‘n stadium van die Here af gebid. Jy het ja gesê voor God dat jy hul sal versorg.

Behalwe dat dit jou voete op die grond hou om jou gesin te versorg, is jy ook in die bevooregte posisie dat jy agter jou strykplank of die skottelgoed met God kan praat sonder dat iemand jou pla!  Ek weet ek is daardeur en het dan om verskoning gaan vra onder die wasgoeddraad omdat ek gedink ek is te belangrik om die taak voor die hand te doen.

Ek het op ‘n stadium vir die Here gesê dat ek mos meer “werd” is as waar Hy my nou gebruik. Sjoe, dit was so lelik, maar kom ek deel met jou wat ek gedink het voor jy dink ek is heilig of ek het nog nooit vloere gevee en toiletter gewas in tye toe almal gedink het ek het ‘n cameo lewe….

Jy sien, ek was bang dat die tyd wat skottelgoed en strykgoed en vloere was neem, my drome steel. Ek was ook bekommerd dat as ander vroue uitvind ek is ‘n tuis versorger dat hulle gaan dink ek is nie ‘n suksesvolle Spreuke 31 vrou nie, want ek kan dan nie eers bekostig om iemand te betaal om my gemors skoon te maak nie.

Ons reken ons is te moeg en dat ons werk skep vir ander wat vir hul kinders moet sorg, maar my liewe, liewe mens, dis jy wat versamel en jy wat jou oes moet onderhou. Jy kan albei doen, ek belowe jou, God gee jou genoeg krag vir elke liewe dag en elke liewe taak voor die hand. Hy sien jou!

Ons wil almal inkomste verdien, om die waarheid te sê jy kan nie eers behoorlik asemhaal sonder geld nie, maar helaas, dis makliker om te wens as om groot oog uit te sien wat God vir jou beplan terwyl jy dit doen wat voor jou is.

Goethe het gesê dat wat jy ookal doen of droom dat jy kan, begin dit. Waagmoed het genialiteit, mag en towerkrag in.

 Al wat jy regtig moet oorkom is dat jy jouself verbind aan ‘n beter lewe en dat al die nodige mense en voorsieningheid in beweging gaan kom om daardie commitment te ondersteun.  Laat jou voete die grond slaan elke oggend met ‘n plan! Vandag is die dag wat ek dierdie ding in my hart aan die gang kan kry en ek gaan nie langer wag totdat dinge beter gaan of totdat ek geld of krag of energie het nie.

Ek is besig om my e-kursus oor tydgeleuf bestuur (oe, dit klink FANCY!) te finaliseer en deel dit binnekort met almal in ruil vir die prys van ‘n maand se tydskrifte….

Shalom

© Moments with Maggs – GutsyGirlInc

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.