Van balke en splinters…

Van balke en splinters…

Waar kom ons daaraan om so vir onsself te jok? Oor hoeveel dinge jok jy vir jouself en ander oor jou daaglikse lewe?

Ons vat die 10 Gebooie so letterlik op en sê sonder voorbehoud as ons iemand seermaak: “iets wat jy van my moet weet is ek praat net die waarheid.” Intussen breek jy ‘n verhouding af op maniere wat jy nie weer teruggebou gaan kry nie, want jy matig jouself aan om vir ander balke uit te wys sonder dat jy die splinter in jou eie oog sien? My vraag is, waar kom die waarheid wat jy jouself aangestel het om te praat vandaan? Kan jy met ‘n oop gemoed iemand die “waarheid” vertel as jy nie eers jou eie waarheid ken nie…

Daar is soveel “hoe-om” en “hoekom” boeke, maar daar is net een WAARHEEN en WAAROM Boek, meeste van ons het een op ons rakke, sommige meer as een. Die Boek is na die kruisiging van Jesus Christus nie eers meer ‘n WAARVANDAAN Boek nie, want as jy jou hart vir die Here oopmaak en Hy wys jou pad, dan maak dit nie saak WAARVANDAAN jy kom  nie.  Toe Christus Sy laaste asem uitblaas was dit volbring. Niks wat jy bysit of wegvat kan daardie waarheid in twyfel trek nie.

Ons spandeer soveel tyd en geld daaraan om onsself te ontwikkel en dit is goed, maar tyd is sekerlik die grootste ontwikkelaar, meer spesifiek natuurlik is HOE jy jou tyd bestee.

Ek is steeds oortuig dat jy ten minste moet weet wat  jy in ‘n sekere periode of fase van jou lewe wil vermag en dit is waar die balke inkom…

Die mensdom (die laaste drie letters het nie my skrywersbrein ontgaan nie…..), kerm en kla oor ongedissiplineerde besteding, onregverdige behandeling, ander mense wat nie hul kant bring nie en dan die grootste leuen van alles, ek kan nie verstaan hoekom die Here my straf en my oorsien nie! Die mens spandeer soveel tyd om uit te kyk wanneer hul skip inkom dat hul vergeet het om een uit te stuur! Daar is ‘n uitdrukking….staar in die niet…

Liewe kind van die Here, word wakker, jy jok vir jouself! Jy word honderde keuses per dag gegee en JY kies en dan kla jy later.  Die dinge wat goed afloop, vergeet jy om te erken vir wat dit is. Blessings! Net die slegte staan uit vir meeste van ons, die goeie word opgeslurp en as vanselfsprekend in energie omgesit.

Dink bietjie mooi oor die keuses wat jy gemaak het om in ‘n sekere situasie te wees of om iets te laat uitwerk op ‘n sekere manier.  Daardie kind of man vir wie jy so kwaad is, daardie huis wat soveel werk het om skoon te hou, jy het gebid vir hulle op ‘n stadium….

Ons sê maklik ek het nie ‘n keuse gehad nie, maar weet jy wat, dikwels moet God jou dwing om ‘n spesifieke keuse te maak sodat Hy Sy Konkingkryk deur jou kan bevorder. Jy kan jouself ‘n klomp drama spaar deur net wakker te wees en op te hou uitstel! Môre is nog ‘n dag vir ander dinge, moenie vandag se keuses los tot môre nie, want môre moet jy weer ander maak.  Die Woord sê duidelik VANDAG is die dag wat God gemaak het.

Elke knie sal buig en God sal nooit teruggaan op Sy Woord nie! Daar is ‘n Boek vol bewyse.  Jy hoef niks eers te doen nie, maar ai, hoeveel makliker kan jy dit nie vir jouself maak nie!

Ek het nog altyd geglo, maar nou kan ek in hierdie Jubilee stadium van my lewe na 50 jaar se tyd verby is, getuig dat God hoop, liefde, verdraagsaamheid en oorvloed op ons laat reën, al wat jy moet doen is tel op jou kop en GLO en SIEN!  Dis so lekker om gered te wees!  Prys die Here!

Hou op jok vir jouself, jy is bitter kosbaar in Sy oë en dis eintlik maklik, selfs kindertjies kry dit reg….

Shalom

Maggs

© Moments with Maggs – GutsyGirlInc 2019

book-bookcase-books-1166657.jpg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Photo by Mikes Photos from Pexels

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.