Waarop fokus jy…?

sunrise

Ek weet nie van jou nie, maar ek is beslis ‘n oggend mens. Spottend sê ek altyd dat ek nuuskierig is en bang is ek mis iets. Die Engelse noem dit “FOMO” – Fear Of Missing Out.

Wel, ek het intensiewe FOMO, nie omdat ek bang is ek kry nie klaar of selfs dat iets gebeur in die wêreld wat my raak nie, maar dat ek iets soos op die foto mis. Dit was die sonopkoms en as ek nog met by boude in die bed gelê het of skottelgoed gewas het, was dit ‘n oomblik wat ek nie eers geweet het daar was nie.

Dit is byna onmoontlik om so iets te droom en ek prys die Here vir die seën van sig om dit te ervaar.

Voluit lewe klink scary né? Sou jy sê dat jy eers moet lewensfiks moet wees om dit raak te sien? Kort jy eers nog ‘n paar ure slaap of dalk is jy in ‘n situasie wat geen hoeveelheid slaap ooit genoeg gaan wees nie.

Hoe meet mens lewensfiksheid? Ek sou reken dat indien daar wel ‘n fiksheids toets sou wees, sou wysheid en insig wel soos sekere oefeninge vir jou liggaam ‘n verskil maak, maar wat is die finale hekkie wat jy moet oorsteek om werklik lewensfiks te voel…..al is dit net vir ‘n wyle…..

Hier is my beskeie bydrae, wat as jou finale toets jou TEVREDENHEID is?

Elke dag is propvol nonsens, drama en klomp dae is sommer net lekker mislik en ‘n totale vermorsing van jou grimering.

Jy het geen beheer daaroor nie. So kan jy kies om te fokus om fiks te word op hierdie dag. Die Bybel sê self, los môre vir môre. Ek is nou aspris, ek gee nie vir jou die vers nie, want ek wil hê jy moet dit self gaan soek, stof af daardie HOW TO LIVE boek, vandag nog, als is daarin en nee dis nie GOOGLE nie, maar die Bybel waarvan ek praat.

Die Here sê ook dikwels in sy Woord dat hierdie die dag is! Wat sou jy reken beteken dit? Ek dink dat Hy wag vir jou om te erken dat vandag die dag is wat jou lewe waarlik ‘n tree nader aan die drome in jou hart gee.

En sodra vandag klaar is en jy het jou bes gegee en môre sodra jy gerus het nog een en dan nog een en voor jy weet ervaar jy ‘n diepe vlak van tevredenheid en is jy lewensfiks, vry en sal jy nooit weer verlore staan en wonder waar gaan jou krag vandaan kom.

Helaas, soos enige oefening, moet jy dit daagliks doen, dit raak net baie makliker en as jy dit nie doen nie, dan mis jy dit intens!

Lekker “oefen” en sien uit om te hoor hoe “fiks” (tevrede) is julle. En as ek kan help, druk die epos knoppie.

Shalom

Maggs

© 2019 Moments with Maggs Gutsy Girl Inc

Een gedagte oor “Waarop fokus jy…?”

  1. Baie dankie! Dis so waar! Ronell Burger het juis verlede week oor die voëltjies gepraat, wat so mooi die dsg asnkondig, masr tong in dir kies, verstaan sy nie mooi wat die Hadeda wil se nie.so oulik. Maar sy le klem op die vroee more groet…ons moet ook só die oggend begroet…ons is vars, ons moet met lied in die hart ons eie dsg begroet…
    Julle moet mooi bly daar…dankie vijo blog,
    Ilze

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.