Is jy net mooi dik vir sukkel!

dreamgirlVandag is die dag om môre beter te maak! Vandag is die dag wat jy jou voet kan stamp en sê: “BASTA!” Dis nou te sê as jy diep dik is vir die gedagtes van jy is nie genoeg nie of jy het te min.

Dis soos ‘n langspeelplaat van ouds wat in ‘n diep groef vasgeval het of anhou terugspring na dieselfde ou plat noot…..

Jy kyk om jouself en jy wonder hoe op dees aarde het ek hier gekom? My drome en idees wanneer ek kalm is, is totaal anders as die gemors en drama wat homself om my afspeel.

Het jy al ooit gedink jy word mal as jy diep binne in jou ‘n droom of idee koester en dit pas glad nie in met dit wat jy om jou sien, wat jy kan doen of wat jy eers kan beskryf nie….tog is dit daar….

Gooi weg daai plaat en sommer die speler ook.  Jy gaan nou “ge-upgrade” word.

Kyk van tantrums gooi kan jy my boggerol vertel! Ek het van kleintyd af my voete gestamp soos ‘n wafferse Spaanse danseres en my knieë “agtertoe” gedraai, my vingers wyd uitgesper, slaggereed om my plek op die muur in te neem en vir almal uit te bassuin dat ek nou lekker vol duiwels is!  My Daddy herinner my gereeld aan my “agterstevoor” bene van ouds en ek is al halfpad 100 jaar toe!

Een van my vriendinne het altyd haar hare uit die pad gevee en my gevra of ek haar horinkies kan sien, want sy gaan nou storm met mening!

Jy sien, my hele lewe was ek ‘n pliggie, of soos een van ons vriende my en sy vrou noem, “overachievertjies”. Als moet net só wees of die laaistokke kom uit in ons houding.  My magtig man, jy kan jouself soveel pyn spaar as jy net oplet wat jou lonte laat ontplof.

Ek lees vanoggend in Psalm 95 vers 10 en 11 dat God Sy volk 40 jáár aan ‘n kort ou trippie laat reis het, want hulle het net eenvoudig nie ore gehad nie! Baie van ons is Voortrekker nasate, ons ken van trek Fereira, maar van luister, daardie is ‘n ander vreemde verskynsel deesdae tussen vroumense.

Ek daag jou vandag uit om jou bek toe te klap, ore te spits en te luister na wat in jou hart borrel en as die vyand op jou skouer kom sit en jou vertel jy verbeel jou of dat jy hopeloos te onnosel is, maak soos ek, skiet die ding bloedbek met jou vinger bo van jou skouer af dat hy doer rol.  Dan stamp jy jou voet, bo-op hom.  Trek jou rug reguit en basuin uit volle bors…

“My God is so groot so sterk en almagtig, daa’s NIKS wat my God nie kan doen!”

Maar hier is die uitdaging…..GLO JY DIT?

Ek hoor graag van jou besluit wat jy geneem het.

Shalom

Maggs

© 2019 Moments with Maggs Gutsy Girl Inc

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.