Wees hoogmoedig….

Ons journey hier in die berge bring al hoe meer die rol van finansies onder die vergrootglas.  Op vele gebeds groepe sien ek die nood van mense wat vra vir gebed daarvoor.  Volgens Zig Ziglar is geld nie alles nie, maar dis doer bo saam suurstof….net so belangrik op die aarde, maar nie al wat daar is nie.

Noudat ek so bietjie weggetree het van die gejaag en besigheid, wonder ek hoeveel mense het hul hoogmoed prysgegee.

Nou skrik jy sekerlik jou toekoms duister, want die Bybel sê juis, God haat hoogmoed! As ‘n volwasse, Godvresende vrou weet ek dat hoogmoed ‘n vloekwoord is en ‘n aaklige, arrogante en self dienende attribuut is van enige selfgesentreerde mens, iets wat ons aktief probeer vermy en afbreek! Wyk satan!

Lees verder…….voor jy dink my kop het my gelos…..

Oral om ons bid mense vir finansies, hul “ verklaar” die bevryding daarvan, eis by God hul deel en maak ‘n groot debakel om dit te eis, “name it and claim it, Hallelujah!” Mense bid vir skuld verlossing, ander bid vir verhogings sodat hul skuld kan betaal of vir groter limiete kan kwalifiseer sodat hul meer kan koop. Hul bid vir guns, nuwe werk met groter inkomste. Hoeveel gedwarrel is daar nie naby die einde van die maand wanneer mense besef hul debiet orders MOET deurgaan nie! Waarom doen jy dit aan jouself?

Tog voel ek dat die Here vir my sê dat ek moet skree “STOP!” Liewe mens, alvorens jy nie binne die perke van jou huidige omstandighede gelukkig kan wees nie, kan Hy jou nie bevorder nie, want Hy weet dat jy dit nie sal kan hanteer nie en dat jy weer net gaan wakker lê en wonder waar gaan jou volgende deposito in jou rekening vandaan kom.

As jy die moed het om te leer NEE sê vir gemak en JA vir vrede sal jy slegs met die byvoeging van hoogmoed die mas opkom.

Ek daag jou uit om vandag HOOG in MOED jou vyand van gemak te veslaan.  Daardie monster wat jou wakker maak in die nag en jou vertel jy gaan dit nie maak nie. As jy ‘n aftrek order moet instel, dink MOOI wat dit vir jou nagrus gaan beteken.

Kyk bietjie om jou en haal jou bril van kerm en kla af en sien wat Hy vir jou weggesteek het sonder dat jy eers ‘n bril nodig het! Moenie jou voorspoed mis omdat jy gemaklik wil wees nie. Dis VOORspoed, nie teëspoed nie! Die enigste gemaklike plek op hierdie planeet aarde is VREDE.

Vra jouself af, hoekom het ek so baie skuld as ek reeds vergewe is, duur gekoop met Jesus se bloed. Jou kinders sal okay wees, om die eerlik te wees, “show some guts and say NO for once or twice or how many times it takes!” Breek uit jou gedagtes weg en wéét dat ons God lééf en regeer! Ons liefste kinders, ek en Dad hoop dat ons foute vir julle die nodige lesse geleer het, ons wil ook ons dankbaarheid vir julle uitspreek dat julle sulke champs was in die donker tye!

Die stem van die Here is magtig, maar Hy dring dit nie op jou af nie, hoor jy dit of glo jy dat jy as Koningskind moet suffer? Ek is oortuig dat die Here God nie wéér ‘n Kind wil kruisig nie, jy is REEDS voorgeloop. Hy het Seun van die mens geword.

Ek weier by uitstek om te glo dat ons liefdevolle Vader enige iets anders in gedagte het as net die béste en as ek so om my sit en kyk en dis nie die béste nie klim ek terug op my Hallelujah wolk en prys Hom!

Doen als om jou hart te beskerm en trek ‘n helmet oor jou gedagtes. As ander dink jy het die plot verloor, knik en glimlag en wéét dat jou Koning besig is met dinge wat net die wat in Hom glo verstaan.

Daarom kan ek uit die Berge vir jou skree: :Ek is HOOG in MOED!, nie beter as ander.

Jy het ‘n Bybel, gaan lees bietjie Psalms en vandag lê ek spesifiek Psalm 31 vers 25 aan jou voor:

“Wees sterk en hou goeie MOED, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

Shalom

Maggs

black and white silhouette of christ the redeemer
Photo by Pedro Sandrini on Pexels.com

Een gedagte oor “Wees hoogmoedig….”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.