Daar is tye in almal se lewe, wat ‘n mens nuus ontvang wat nie so lekker in jou planne pas nie. Lanklaas in my lewe was ek so dankbaar dat ons twee is. Waarheen sou ek fisies draai as ek nie my kosbare man hou vir hou, brokkie vir brokkie langs my gehad het nie?
Soms is die lewe ‘n boksgeveg, Nie omdat jy baklei nie, maar omdat jy moet leer om houe te vat, dikwels in jou safgte dele waar die wind uit jou uitgeslaan word. Ander kere moet jy jou hande voor jou gesig hou, al is jou arms hóé lam.
Jy kan nie alleen hierdie dinge doen nie, veral as jy getoets word op maniere wat jou verstand te bowe gaan.
Gisteraand droom ek dat ek in ‘n ruimtekapsule is met venster waardeur ek die lieflikste steere in al su glo rie kan aanshou. Salis, rustig…. Ek kyk regs en ek sien sterre, sulke pragtige blinkes soos die diamante, ek kyk op en bo my is daar die moontste planete, in volle kleure getooi, voor my is ‘n blank muur, geen knoppies, geen paneelbord, geen stuurwiel of enige iets wat mens verwag om te vind as jy jou in iets begewe wat jy dink bestuur moet word nie.
Skielik tref iets my kapsule met ‘n geweldige slag en oor my lonkerskkouer sien ek die gesig van die allervreeslikste monster wat sy bes probeer om my te oortuig om pad te gee….en toe…toe begin my kapsule val met ‘n asemrowende spoed, met geen kontrole bord, briek of stuurwiel is daar net absoluut niks wat ek kan doen behalwe uitroep…..”HERE HELP MY!”
En God sê….”I AM:
Gee oor sussas, wees nie bevrees nie, Hy IS!
Shalom
Maggs
@ Kopiereg Magda Maas 2019. Jy mag share maar ai as jy copy en paste gaan die duiwel jou kom haal.
Like this:
Like Loading...
Related
Gepubliseer deur Bietjie Magrietjie
Magda Maas is ‘n Christelike Indie Skrywer wat op haar 50ste verjaarsdag haar hakskoentjies uitgetrek het en die Drakensberg Berge ingevaar het om te skryf nadat sy jare lank vroue in Pretoria met praatjies en gebed gehelp het.
Oor die laaste paar jaar het sy vroue van vandag deur haar Facebook Grepiesblad en Blog inspireer om stof te skop in die vyand se gevreet deur hul te bemagtig om hul plek saam op die mure van Jerigo in te neem.
Sy is ‘n beroerte survivor met 'n storie om te vertel van haar wedergeboorte tydens hierdie gebeurtenis en hoe sy haar lewe daarna opgeteken het. Sy skryf oor dinge wat haar hart aanraak en wat sy ervaar deur die lewe om haar en natuurlik hoe ongelukkig mense aanlyn is.
Sy het ‘n diep vertroue in haar Hemelse Vader en spandeer baie ure in stille gebed. Sy neem haar rol en posbeskrywing as vreeslose Spreuke 31 vrou baie ernstig op.
Haar passie om vroue se trane en moedeloosheid raak te sien is wat haar geinspireer het om die Bietjie Magrietjie reeks te skryf. Sy is ‘n uitgespoke dogter van God, Vrede Vorstin, getroud met haar sielsmaat, ma, skoonma en ouma. Sy word omring deur 'n legioen van sterk vroue wat in haar lewe insae het.
Sy is dol oor kreatiewe orde en die effektiewe besteding van tyd is vir haar uiters belangrik soos vertel in haar boek Beplan ‘n Bietjie Magrietjie.
Dit is haar missie om te dien in Afrikaans met 'n bietjie humor en padlangse gesprekke soos op haar Blog. Haar skrywery gaan oor lag met 'n traan, vloek sonder om vieslik te wees en bid tot jou knieë blou word en dan op te staan en jou plek in te neem.
Beskou all artikels deur Bietjie Magrietjie