Hoop beskaam nie….

Die alom-teenwoordigheid van die Skepper is die eerste plek wat jy moet ontdek en erken alvorens jy diep in jou wese voel hoe Sy liefde jou omring. Soek allereers die Koningkryk van God…. ek is seker dat jy sommer vanself die lied verder sing in jou gedagtes….

Ek sit vanoggend na ‘n versteekte berg en kyk en besef dat God se stem en teenwoordigheid dikwels net so versteek is in jou werklikheid.

Net soos ‘n berg wat jy met jou eie oë kan sien op ‘n dag en die volgende dag verskans kan wees in digte mis, kan jy self ook die skanse oor jou wete trek of God altyd daar is. Dis maklik om toe te laat dat jou persepsie van die werklikheid die waarheid kan verberg. Indien jy dit toelaat, kan jy geestelik blind en doof raak, sommer maklik, mits jy waak daarteen.

Geloof met passie en ‘n alles of niks soeke na God se teenwoordigheid, behoort bo-aan jou lys van doen-dinge te wees. Ek wil so ver gaan om te se héél bo-aan, verder nog, op jou daaglikse lysie, héél eerste!  Gaan kyk sommer nou na jou lys, is dit daar?

Geloof kom nie net nie, dit is vir jou deur God se genade bewillig, maar jy liefste mens moet aan dit klou dat dit bars. Niks is meer waardevol as die liefde en trou van God onse Vader nie, want als is deur Hom en tot Hom.

Geen mens ontvang meer genade of seën as ‘n ander nie. Dink mooi en wees eerlik met jouself. Elkeen kry presies genoeg van als op die presies die regte tyd en plek wat jy as mens kan hanteer.  Ongelukkig het jou opinie geen invloed op hierdie waarheid nie.

Jesus het in Sy bergrede in Matteus 5 dit baie duidelik uitgespel sodat jou opinie geen verskil maak nie.  Dis nie te sê jy is maar net ‘n flou mens of iemand wat geen sê het nie, maar kies maar jou battles versigtig, so-ook jou vlak van dankbaarheid. Gaan soek bietjie jou heil in daardie kosbare woorde wat Hy aan almal wat die moeite doen om hul ore te spits voorgelê het.

Here, mag ek U nooit vir ‘n oomblik uit die oog verloor. Mag ek U nooit bedroef met my gekerm of vroomheid of hooghartigheid nie.

Mag ek U nooit mis in ‘n situasie of selfs ‘n konfrontasie nie, maar veral mag ek nooit U Hand in enige iets in my lewe wegklap, net omdat ek dink dat ek okei is nie.

Wat ek is, is van U, wat ek weet het U my geleer, wat ek doen, ontvang ek die fisiese krag van U, die deursettings vermoeë is U Stem wat vir my fluister, “Maggs, you can do this, I’ve got you!”

Wat ek skep is om U te eer en laastens wat ek hoop is deur U genade en teenwoordigheid in my hart geplant in my moederskoot en groei met die spoed van Engele vlerke.

Geloof is ‘n werkwoord, nie ‘n byvoeglike naamwoord, ‘n lidwoord of selfs ‘n vloekwoord nie.

Here, ek wéét, dat hoop beskaam nie al is die berg nie sigbaar nie…

Shalom

Maggs

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.