Spits jou harts ore…..

Diep in jou hart en in jou gene lê daar die spore van ‘n vergete, uiters bekende, maar onondersoekte era, saamgeflans uit eeue se onthou, onbegryplik in die blote grootheid daarvan.

Bitter min van ons kry ooit die geleentheid om van aangesig tot aangesig te kom met die wete dat jy hier hoort sonder dat jy verstaan hoe jy hier gekom het. Selfs minder van ons antwoord op die roep in ons wese dat dinge anders kan wees as die omstandighede waarin ons onsself bevind. ‘n Ongelooflike Gods-genade in werking!

Die aantrekking is so sterk, die verskuilde herinneringe so intens dat ek nie eers sin kan maak uit hoekom ek so tuis voel hier nie. So asof ek generasies se vibrasies kan opspoor sonder dat ek ‘n enkele feit van my omgewing nageslaan of opgesoek het.

Alle mense is op een of ander manier ‘n afstammeling of uitvloeisel van iets, sy gedagtes of omstandighede. Ons is egter almal verplaas en ontwortel en het in paralelle wentelbane grootgeword met net een doel voor oë, oorlewing.

Ons is te bang om regtig te glo dat God vir ons sal sorg, werklik meer vir ons omgee as vir die mossies en die lelies. Die oorgrote meerderheid van gelowiges is egter versigtig optimisties in ons geloof, vinnig om ‘n plan B in plek te sit sonder dat hul ooit God se Plan A beleef het.

Die blote omstandighede waarin ons onsself bevind is fantasties onbekend, want dis nie hoe ons die lewe tot dusver beplan of beleef het nie. Niks maak sin nie maar, ek is dol oor hierdie nuwe sinneloosheid, vreesloos in die wete dat dit nou tyd is om in ‘n ander dimensie te bestaan.

God se genade en teenwoordigheid spreek deur elke beeld waarop ek tans my oë lê. Elke klank wat my aandag trek en elke gedagte wat in my mens brein opkom is nuut en anders. Daar is geen logiese verduideliking hiervoor, behalwe Hy is besig met Sy werk in my en om my. Plan A is besig om tot voleinding te kom.

Ek sit vir die Drakensberge en kyk met apies wat speel in die boomtoppe links van my, totaal onbewus van my. Voëls vlieg kort-kort oor die huis se dak berg se kant toe, so asof hul my aandag daarheen trek. ‘n Skrale week terug ons in die stad, besig om vir almal te probeer verduidelik dat ons wegtree van Plan B, nou suig die berg al die ou herinneringe uit my uit en onttrek al die negatiewe gedagtes wat dalk iewers in my skuil. Die laaste 7 jaar se nonsens en drama was oefening, ek kan nie wag om te sien wat ontvou in die volgende 7 jaar nie. Dit skop als af met my Jubilee verjaarsdag jaar 10 dae terug.

Here, Psalm 1 sê dit gaan goed met die mense wat haar nie met die nonsens en dramas van die wêreld ophou nie. Hier waar ek sit, voel die nonsens baie ver, nie omdat ek van dit wegkruip, maar omdat dit nou in perspektief is.  So ver soos die noorde van die suide is my bekommernis oor die dag van môre, en U verlossings krag vibreer tot in my diespste hartkamers.

Ek gaan waag om my gewaarwordings te ondersoek en stil te staan in die wete dat God my hier geplaas het vir ‘n rede, ek wil jou nooi om hierdie reis saam my te neem.

Kom ons gee totaal oor aan Sy plan. Kom ons word stil voor Hom, spits ons ore vir ander dinge as oorlewing… lewing.

Shalom

Maggs

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.